LERAAR

Ds. Frans Burger

Wat ‘n voorreg om deel van Windhoek-Wes te kan wees.  My werk is om te nooi, om almal te nooi om deel te word van die koninkryk van God.  Jesus nooi, kom en volg my.  Saam stap ons agter Jesus aan.  Saam wil ons meer en meer bewustelik saam met Hom stap en saam wil ons meer en meer word soos Hy en leef in gehoorsaamheid aan sy opdrag – wees lief vir mekaar.  Jy is welkom, kom loop saam.

Selfoon:  081 329 3931

E-pos  ekfrans@gmail.com

 

JEUGWERKER

Carmen Steyn

“Ek het ‘n passie om kinders te help sien en verstaan dat hulle nét so belangrik in God se koninkryk ge-ag word as enige ander persoon. Ons poog om deur middel van hul 5 sintuie te stimuleer, elke kind in verwondering voor Here Jesus Christus te laat staan. In gevalle van emosionele verwonding, bring ek kinders na Jesus se genesende arms deur middel van gebed en geestelike berading.”

Selfoon 081 278 6464

E-pos ditkerk@ngwes.com

 

 

 

 

 

OUDE RUST OORD

Louis Conradie

“My begeerte is dat God se familie by ORO in die laaste jare van hulle lewe die Here intiem sal leerken, toenemend sal vertrou en dien.”

Selfoon 081 257 9882

E-pos louis@vitalcontact.org

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KANTOOR: FINANSIES

Susan Oosthuizen

“Ek het ‘n passie om mense te help en te ondersteun”

Selfoon 081 261 8441

E-pos finansies@ngwes.com

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KANTOOR:  ADMINISTRASIE

Susan Brits

Ek het in Junie 2024 by Windhoek-Wes begin werk. My passies  sluit in mense en diere,  asook my werk.  Ek streef daarna om altyd my werk so goed en deeglik as moontlik te doen.  Daarom poog ek om ‘n goeie administratiewe ondersteuningsdiens aan die kerkraad, die gemeente en my kollegas te bied.  Dit is ook vir my lekker om mense te help.  Om na hulle probleme te luister en waar moontlik, raad te gee of hulp te verleen. Mens en dier se swaarkry lê my na aan die hart en die mishandeling of afskeep van mens en dier is ‘n teer punt vir my. Ons leer so baie by diere, veral honde oor lojaliteit, onvoorwaardelike liefde en vergifnis.  Die wêreld sou ‘n baie beter plek gewees het as alle mense hierdie eienskappe gehad het.

 

Selfoon:  085 228 6509

E-pos:  admin@ngwes.com

 

KOSTER

Albie Thomas

Ek het in Junie 2024 by die kerk begin werk.  Ek hou daarvan om met mense te werk.  Ek is ‘n ekstrovert, dis hoekom ek goed met mense oor die weg kom.  Uit die aard van my werk en omdat ek ‘n praktiese mens is, het ek nie ‘n probleem om self dinge reg te maak nie.  Ek is ‘n nederige mens, maar ek gaan nie dat ander mense op my trap nie.  Ek maak maklik vriende.  Ek sê altyd ek wil ‘n wiel wees en wil deelneem aan alles en dit sal julle ook sien in my doen en late.  So ver as wat ek kan sal ek ook altyd my deel doen.  My geloof is vir my baie belangrik.  Ek is ook eerlik in my doen en late. My oorlede pa het altyd gesê as jy tevrede is vertel vir ander, en as jy ‘n probleem het, kom praat met my.

Selfoon:  081 722 2832

E-pos: albe.thomas1@gmail.com

 

SKOONMAKER

Karolina Haoses

Ek het in April 2025 voltyds by die kerk begin werk.  Dit is vir my belangrik om te sorg dat die kerk en die kombuis mooi skoon is. Verder help ek waar ek kan. Ek het vyf kinders, maar net twee bly by my.  My ma is oorlede en ek mis haar baie.  Ek het nie ‘n ma wat kan help om na die kinders om te sien nie. Ek hou daarvan om mense te respekteer en is so grootgemaak.

Selfoon:  081 864 2675

 

TUINIER EN BUITE SKOONMAKER

Erastus Ndjamba

 

I was born on 2 February 1975 in Rundu Ntara Village. I live in Windhoek since 1999 in Okuryangava in Katutura.  My mother tongue is Rukwangali. I live with five children and one grandchild.  I started to work at the church in 2021.  I am a Christian who like going to church and listening to the Word of God.  I don’t smoke or drink alcohol.  I am hard working, intelligent and smart.  I don’t like it when people get aggressive when something is wrong. Rather correct and encourage people. Always be good as the Bible says.

Selfoon: 081 688 4873

WINDHOEK LIFE CHANGE CENTRE

Ingrid Goeieman

Selfoon: 081 304 7103

E-pos: ingoeieman@gmail.com