Om meer te word wat God ons gemaak het om te wees, binne ‘n gemeenskap van grenslose Goddelike liefde, met die Skrif as ons bron en rigtingwyser is die roeping en fokus van die NG Kerk Windhoek-Wes!
Ons leef hierdie roeping en gestuurdheid uit d.m.v ons wye reeks bedieninge, met ‘n helder stel waardes wat ons as gemeente en leierskap rig:
- Ons leef ‘n Geesvervulde lewe
- Ons handhaaf ‘n aansteeklike entosiastiese en optimistiese gesindheid
- Ons benader ons werk met intensiteit
- Ons hou ons oog op die einddoel
- Ons is deursigtig met mekaar
- Ons werk eers op ons knieë
- Ons respekteer en waardeer vrywilligers wat hulle roeping uitleef
- Ons is ‘n Woordgesentreerde gemeente
- Ons is toegewy aan die gemeente se roeping